Welkom by ons splinternuwe blog! Ons is voorwaar besig om hierdie jaar met 'n groot geknal af te skop! Met hierdie maand wat wêreldwyd liefde gedenk, pas ons nuwe visie en missie perfek hierby aan. Ons beoog dat die gemeente, asook die gemeenskap, moet weet hulle behoort in ons gesin, hulle is welkom om saam met ons die werking van die Heilige Gees te beleef en ons hoop dit spoor die gemeente aan om te beweeg en hulle harte oop te maak vir mekaar en God soos die grootste gebod ons lei. Mag ons tydens hierdie kommersiële tyd ons aandag wegdraai van die winkels en fokus daarop om uit te reik waar daar nood is, emosioneel of fisies. Ons geloof is nie een van rituele en lysies afmerk om in die hemel te kom nie, maar een van liefde uitleef as gevolg van die genade wat ons ontvang het. Gebruik hierdie tyd om vir ander ook genade te bewys en te demonstreer waarom dit 'n vreugde is om deel te hê aan die liggaam van Christus. Kom ons onthou ook God se grootste daad van liefde volgens Johannes 3:16: "God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê." Tot volgende maand........Leef in liefde met mekaar, Eddie Lees meer op ons webwerf by www.ngkerklambtongermiston.co.za
1 Comment
|
AuthorEduard Enslin Archives
February 2017
Categories |