Hierdie is ‘n vraag waaroor mense nie praat nie….. omdat dit onbelangrik beskou word en as ‘n mens die vraag vra lyk dit dalk of jy onvolwasse is in jou christenskap.
Wees gerus. Ek is seker almal van julle het al daaroor gewonder. Toe erken dit! Wie van julle het nog nie vir julle kinders vertel hulle hondjie is in die hemel wanneer hulle hartverskeurend huil, terwyl julle goed weet dat julle nie seker is of dit waar is nie? Maar wat is die antwoord? Kom ons kyk wat sê die Bybel… Die Bybel noem nêrens spesifiek of diere ‘n siel het of hemel to gaan nie. Ons kan wel kyk na party van die bybelse verwysings. In Genesis 2:7, 7: 22 word genoem dat beide man en dier die “lewensasem” het. Dit is nie seker of dit verwys na ‘n siel of bloot die lewe nie. Die grootste verskil is wel dat ons na die beeld van God geskep is met ander woorde met die eienskappe van byvoorbeeld emosie, geloof, oordeel en lewe na die dood. In Jesaja 65:25 sê die Bybel: “Die wolf en die lam sal saam wei, die leeu sal strooi vreet soos ‘n bees…” Is dit beeldspraak en/of relevant tot die hemel, of nie? Lukas 12:6 fokus op die waarde van die mens en dier vir God: “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie.” God sê wel ook ons is meer werd as mossies. In Prediker 3:18 – 21 is geskryf: “….hulle moet insien dat hulle niks anders as diere is nie. Een en dieselfde lot tref mens en dier, hulle almal gaan dood, die een soos die ander. Almal het net een asem. Die mens is nie beter daaraan toe as die dier nie. Alles kom tot niks. Almal is oppad na dieselfde plek toe, almal is van stof en almal word weer stof. Wie weet of die asem van die mens opstyg boontoe en of die asem van die dier afgaan onder toe?” So wat is dan die gevolgtrekking? ONS WEET NIE! Wat ons wel weet is dat die belangriker vraag is of ONS in die hemel gaan wees! Dit maak nie saak of ons diere daar gaan wees as ons nie daar is nie. Al hoe ons kan weet is om self in die hemel te kom. Dit is my gebed vir elkeen van julle! Gaan gee om vir julle diere en vir mekaar, Eddie
0 Comments
|
AuthorEduard Enslin Archives
February 2017
Categories |