Oral rondom ons is dit weer tyd vir buitensporige hartjies, blomme, beertjies. Noem dit, dit is daar, alles in rooi!!! Mense skarrel om plekke te bespreek by hulle gunsteling eetplek omdat dit die regte ding is om te doen. ‘n Maand wat die bedoeling het om liefde in oorvloed te laat vloei het, durf ek dit waag sê, oppervlakkig geword. Ons wys mense hoe ‘lief’ ons hulle het deur goed vir hulle te koop maar ons alledaagse woorde, aandag, tyd en liggaamshouding weerspreek hierdie koopdaad. Daar is so baie verbrokkelde/verbrokkelende verhoudings in ons wêreld. Man en vrou, ma en kind, boeties en sussies wat nie met mekaar wil praat of van mekaar wil weet nie. Die rede volgens my… niemand is bereid om die fokus van hulself na die ander te verskuif nie. Ons veg vir ons eie regte in plaas van die behoud van ons verhoudings. Die Bybel is vol teksverse wat ons lei om aan ons self te sterf. Twee hiervan is: Johannes 12:24: “Dit verseker ek julle: As ‘n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ‘n groot oes in.” Lukas 17:33: Elkeen wat sy lewe probeer behou, sal dit verloor, maar elkeen wat dit verloor, sal dit behou.” Hierdie raad is nie net advies om ons in die Hemel te kry nie maar ook ons lewe op aarde draaglik en selfs lekker te maak! So, as jy weet dat jou verhouding met jou man/vrou, ouers of ander sibbe net oppervlakkig of glad nie bestaan nie, neem die eerste stap. Dit maak nie saak wie reg was nie. Lê jou trots neer en probeer jouself in hulle skoene plaas. Maak tyd vir sinvolle gesprekke om dinge uit te sorteer. As dit nie werk om die verhouding te verbeter nie, vergewe en beweeg aan. Die ander party moet ook kies om jou olyftakkie te aanvaar. Maar moenie maak of jy probeer het en sommer net opgee omdat hierdie soos ‘n uitweg klink nie. :-) Soos die gesegde sê: Die lewe is te kort vir al hierdie nonsens!” Tot volgende keer groet ek met Maya Angelou se woorde: “Hate, it has caused a lot of problems in the world, but has not solved one yet.” Kies liefde, elke dag! Eddie
3 Comments
ANNETJIE KRUGER
2/1/2017 16:43:40
Laat n mens dink, is dit die moeite werd, se nounet iemand is lelik met jou as jy probeer vrede maak? Vergeet van jouself en jou seer - maak reg! Jy sal daardeur kom jy ken mosdie Liewe Heer Hy sal jou eina heelmaak. Doen net die regte ding!!! two wrongs don't make a right.
Reply
Linky Olivier
6/6/2017 12:54:27
So mooi gestel Annetjie!
Reply
Leave a Reply. |
AuthorEduard Enslin Archives
February 2017
Categories |