Soos Kersfees nader kruip, bevraagteken ons gereeld die gebruike rondom hierdie fees. Soos alles in die lewe is dit belangrik om dit van ‘n bybelse perspektief te verstaan.
Ek sien geen fout met ‘n tradisionele kersboom nie! Sommige mense voel anders. Hulle redeneer dat dit uit heidense tradisies gebore is. Die storie loop dat Boniface, ‘n Engelse sendeling in Duitsland in die 1800’s, die eerste kersboom ingestel het om offerandes aan die god Odin se heilige akkerboom te vervang in huldeblyk aan Christus. Ander meen weer dat Martin Luther die kersboom ingebring het met kerse. Hoe dit ookal sy, dit blyk tog wel ‘n Christelike agtergrond te hê. Selfs al het dit ‘n heidense oorsprong, beteken dit nie dat ons dit nie kan geniet nie. Ek verduidelik hierdie stelling met die volgende beeld: Gedurende die 2de wêreldoorlog het die Amerikaanse soldate sekere eilande gebruik as kort-termyn landingstroke en voorraad-depots. Voor daardie tyd het die inboorlinge nog nooit moderne tegnologie van so naby af gesien nie. Groot vragvliegtuie gevul met ‘n verskeidenheid goedere was ‘n eerste. Dit was gevul onder andere met sigaretaanstekers (wat hulle as wonderwerke beskou het) Jeeps, yskaste, radios, kraggereedskap and verskye kossoorte. Toe die oorlog verby was het die eilandbewoners besluit dat die vliegtuie wat die goedere gebring het gode was, en het hulle begin altare bou vir die goedere-gode (vragvliegtuie). Hulle het gehoop die gode sou terugkom met meer goedere. Meeste mense dink nie aan goederevliegtuie as gode wanneer hulle verby vlieg nie! So ook dink ons kinders nie aan ander gode as hulle na die kersboom kyk nie. Hulle sien die hoop van ‘n geskenk! Buitendien trek ons vandag as Christene ook die beeld van die kersboom deur na die Stamboom van Jesus – kyk maar na die boom voor in ons kerk: Jesus se gelagsregister is die “ornamente” wat aan die boom hang, met Jesus se naam (Die Ster) heel bo aan. So kan ons dit dus by die ware boodskap van Kersfees laat aansluit! Jesus was ons geskenk waarop ons gehoop het en gekry het! Versier gerus daardie boom en onthou die hoop en vrede wat Christus vir ons gebring het en dat Hy belowe om ons eendag te kom haal. Geniet die kersseisoen en kom veilig weer terug in Januarie. Ons kan saam aan die ekstra kilogramme werk! Eddie Aangepas en vertaal uit John MacArthur Should Christians have Christmas trees?
0 Comments
Leave a Reply. |
AuthorEduard Enslin Archives
February 2017
Categories |