NG Kerk Lambton-Germiston
  • Tuis
  • Wie is ons?
    • Opsomming
    • Sondagskool
    • Senior-aksie
    • Sendingwerk
  • Melk-en-Heuning Naskoolsentrum
  • Kosterlik
  • Blogartikels
  • Dokumente en vorms
  • Kontak ons!

Kalender​

Picture
Picture
Liturgiese Kalender
(bron: Lucy Smook)
8 Januarie –  26 Februarie (Groen)
Jesus se bediening op aarde.
Sy doop, versoeking, leringe en wonderwerke. Ons reis saam met Jesus ten einde te groei in ons toewyding om sy menswees in ons lewe te manifisteer.

8 Januarie (Groen)
Doop van Jesus
Eerste Sondag na 6 Januarie. Begin van Jesus se openbare bediening.
Simbool: - Duif, water

26 Februarie (Wit)
Verheerliking-Sondag
Sondag voor Aswoensdag. Jesus se verheerliking op die berg as voorspel tot sy reis na Jerusalem. (Lydensweke begin)

1 Maart (Grys)
As-Woensdag
(46 dae voor Paassondag) Ons word herinner aan ons sondigheid en sterflikheid – ‘n geleentheid vir verootmoediging, berou en sondebelydenis.
Simbool: - As, olyfolie

14 Februarie (Pers/Purper)
Nagmaal
Simbool: - Doringkroon, spykers, kruis.
​

26 Februarie tot 8 April (Pers/Purper)
Lydenstyd
Vanaf Aswoensdag to Stil Saterdag. Die lydensweg van Jesus. ‘n Tyd van boorbereiding om die dood en opstanding van Jesus te vier.
Simbool: - 
Doringkroon, spykers, kruis​.
9 April (Pers/Bloedrooi)
Palm-Sondag
Groot lydensweek. Jesus se intog in Jerusalem en die begin van groot lydensweek, die laaste week voor Jesus se kruisiging.
Simbool: - Palmtakke


13 April (Bloedrooi/Swart)
Donderdag voor Paas-Sondag
Jesus se laaste maaltyd saam met sy dissipels, die voetwassing en Getsemane.
Simbool: - Kruis


14 April (Swart)
Goeie Vrydag
Jesus se gevangeneming, sy verhoor en sy kruisiging.
Simbool: -Kruis,spykers, doringkroon, asynspons


15 April (Swart)
Stil Saterdag
Jesus in die graf. ‘n Tyd van vas, stilte en nadenke.
Simbool: - Kruis, spykers, doringkroon, asynspons

​
16 April (Wit)
Paas-Sondag
Jesus staan op uit die dood en oorwin so die mag van die duisternis, sonde en dood.
Simbool: - Oop graf, paaskers, blomme,skoenlappers, oopgebreekte granaat


25 Mei (Wit)
Hemelvaart
Die 40ste dag na Paasfees. Jesus se hemelvaart.

​
4 Junie ​(Vuurrooi)
Pinksterfees
Die 50ste dag na Paasfees. Uitstorting van die Heilige Gees.
Simbool: - Rooi blomme, rooi kerse, duif, vuur


11 Junie (Groen)
Drie-eenheid Sondag
Eerste Sondag na Pinksterfees. Die misterie van die Drie-eenheid van God.
Simbool: - Die sirkels, triquetra, driehoek


12 Junie tot voor Advent 3 Desember (Groen)
Koningkrykstyd
Die werk van die kerk in die wêreld in die kragveld van die Gees.
Simbool: - Skip op stormwater


26 November (Groen)
Sondag van Christus die Koning
Laaste Sondag voor Advent. Christus is die Koning van die wêreld.
Simbool: - Kroon, septer, herderstaf
​

3 Desember - 24 Desember (pers/blou)​
Advent, Geboorte van Jesus. Vrede, hoop, liefde, geluk.

Simbool: Adventkrans 
  • Tuis
  • Wie is ons?
    • Opsomming
    • Sondagskool
    • Senior-aksie
    • Sendingwerk
  • Melk-en-Heuning Naskoolsentrum
  • Kosterlik
  • Blogartikels
  • Dokumente en vorms
  • Kontak ons!