Visie:
BehoortBeleefBeweeg
Missie:
Die eredienste:
Die eredienste van die gemeente dien as geestelike hoogtepunt van die week, en vind plaas elke Sondag oggend om 09:00 in die kerk gebou.
KoffieKlets:
Na die erediens word koffie en tee in die saal bedien. Tydens skoolkwartale is daar ook iets lekker om te eet. Dit is gratis, maar ons vra dat u sal oorweeg om ‘n donasie in die boksie te gooi.
Doop en nagmaal:
Die bediening van die sakramente (Doop & Nagmaal) is ‘n baie belangrike deel van enige gemeente se bediening. Nagmaal gebeur kwartaalliks, maar kan ook met spesiale geleenthede en diente bedien word. Daar sal egter vooraf aan die gemeente gekommunikeer word in sulke gevalle omdat die bediening van die Nagmaal ook van ons vra om vooraf introspeksie te doen en voorbereid aan die Here se tafel te kom aansit. As u u kinders wil laat doop, of as u nog nooit gedoop is nie, en verlang om volwasse kategese by te woon, kontak asseblief vir Annatjie in die kerkkantoor om die nodige reëlings en vorms aan u deur te gee.
BehoortBeleefBeweeg
Missie:
- Ons aanvaar mekaar net soos ons is.
- Ons leef vanuit ’n persoonlike verhouding met Jesus Christus.
- Ons word uitgenooi om saam met mekaar te groei in hierdie verhouding.
- Ons is geseëndes – Daarom stel ons ons tyd, gawes en finansies in diens van God se Koninkryk.
- Ons moedig mekaar aan om diensbaar te wees in Germiston en die res van die wêreld.